Semjon I van Moskou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Semjon die Trotse
Prins van Moskou
Grootprins van Wladimir
Simeon Dumny.jpg
Periode 1340 – 1353
Voorganger Iwan I
Opvolger Iwan II
Huis Rjoerik
Vader Iwan I
Gebore 7 November 1316
Oorlede 27 April 1353

Semjon I of Semjon die Trotse (Russies: Семён Иванович Гордый; 7 November 1316 - 27 April 1353) was die prins van Moskou en die grootprins van Wladimir. Hy was die oudste seun van Iwan Kalita.

Semjon het in 1340 die prins van Moskou geword en ’n jaar later het hy die Goue Horde se toestemming gekry om die Russiese hoofprins, die grootprins van Wladimir, te word. Sy militêre veldtog teen die stad Torzjok in 1341 het gelei tot die uitbreiding van sy mag na Nowgorod. Tien jaar later het hy Smolensk aangeval. Hy het sy pa se beleid voortgesit om die Goue Horde te steun. Hy het al hoe meer mag gekry by die khan om Litaue se groeiende mag teen te staan omdat dit ’n bedreiging vir die Mongoolse oorheersing was. Anders as die meeste ander Russiese prinse het Semjon lojaal teenoor die Horde gebly.

Semjon se testament is op papier geskryf. Dit word beskou as die eerste gebruik van papier in Rusland, voor perkament gebruik is.

Hy was getroud met Augusta, dogter van groothertog Algirdas van Litaue. Voor sy dood in 1353 het Semjon ’n monnik geword met die naam Sozont. Hy en twee van sy seuns gesterf weens die Swart Dood.

Grootprinse en tsare van die Rjoerik-dinastie
Grootprinse Rjoerik · Oleg · Igor I · Olga · Swjatoslaf I · Jaropolk I · Wladimir I die Grote · Swjatopolk I · Jaroslaf I die Wyse · Isjaslaf I · Swjatoslaf II · Wsewolod I · Swjatopolk II · Wladimir Monomach · Mstislaf I · Jaropolk II · Wsewolod II · Igor II · Isjaslaf II · Joeri I Dolgoroeki · Andrei Bogoljoebski · Michail van Wladimir · Wsewolod die Groot Nes · Konstantyn · Joeri II · Jaroslaf II · Swjatoslaf III · Andrei II · Aleksander Nefski · Jaroslaf III van Twer · Wasili · Dmitri I · Andrei III · Michail · Joeri III · Dmitri II · Aleksander · Iwan I · Semjon die Trotse · Iwan II · Dmitri Donskoi · Wasili I · Wasili II · Iwan III die Grote · Wasili III
Tsare Iwan IV die Verskriklike · Fjodor I