Serranidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Serranidae
Cromileptes altivelis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Superfamilie: Percoidea
Familie: Serranidae
Subfamilies

Anthiinae
Epinephelinae
Grammistinae
Liopropomatinae
Serraninae

Sinonieme

Grammistidae

Die Klipkabeljoue en Seebaarse (Serranidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is vyf subfamilies, agt en veertig genera met 330 spesies wat hoort tot dié familie. Sewe en sewentig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke van familie[wysig]

Die familie is karnivore en die grootte wissel van 4 cm ot 2.7 m. Hulle verkies koraal en rots riwwe om in te leef tot op dieptes van 500 m. Die meeste spesies is hermafrodiete.

Subfamilie: Anthiinae[wysig]

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Acanthistius
Acanthistius sebastoides - Koester
Nemanthias
Nemanthias carberryi - Draadvin-goudvissie
Pseudanthias
Pseudanthias squamipinnis - See-goudvissie

Subfamilie: Epinephelinae[wysig]

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Aethaloperca
Aethaloperca rogaa - Rooibek-kabeljou
Cephalopholis
Cephalopholis argus - Pou-klipkabeljou
Cephalopholis miniata - Koraalklipkabeljou
Epinephelus
Epinephelus albomarginatus - Witrand-klipkabeljou
Epinephelus andersoni - Katgesigklipkabeljou
Epinephelus coioides - Oranjekol-klipkabeljou
Epinephelus flavocaeruleus - Geelstert-klipkabeljou
Epinephelus lanceolatus - Briekwabaars
Epinephelus malabaricus - Malabar-klipkabeljou
Epinephelus marginatus - Geelpensklipkabeljou
Epinephelus rivulatus - Halfmaan-klipkabeljou
Epinephelus tauvina - Slym-klipkabeljou
Epinephelus tukula - Aartappel-baars
Plectropomus
Plectropomus punctatus - Marmer-luiperdkabeljou
Variola
Variola louti - Geelrant-maanstert

Subfamilie: Grammistinae[wysig]

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

Belonoperca
Belonoperca chabanaudi - Pylkop-seepvis
Grammistes
Grammistes sexlineatus - Sesstreep-seepvis

Subfamilie: Liopropominae[wysig]

Subfamilie: Serraninae[wysig]

  • Serranus
  • Serranus knysnaensis - Kammer

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]