Shenzhou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Shenzhou-ruimtetuig.
Die ruimtepak van Yang Liwei tydens die Shenzhou 5-missie.

Shenzhou (Sjinees: 神舟) is ’n ruimtetuig wat deur die Volksrepubliek van Sjina ontwerp is. Die naam word soms vertaal as "goddelike tuig" of "towerboot". Die ontwerp stem ooreen met dié van die Russiese Sojoes-ruimtetuig, maar dit is groter. Die eerste Shenzhou-tuig is op 19 November 1999 gelanseer en die eerste bemande sending was op 15 Oktober 2003. In Maart 2005 is ’n asteroïde 8256 Shenzhou genoem ter ere van die ruimtetuig.

Geskiedenis[wysig]

Sjina se eerste ruimteprogram is aanvanklik Projek 921-1 genoem, maar ná die eerste onbemande vlug is dit na Shenzhou verander. Nog drie onbemande vlugte, een met diere en vyf bemande vlugte het gevolg.

Vlugte[wysig]

  • Shenzhou 1 (19 November 1999) – onbemande toetsvlug
  • Shenzhou 2 (9 Januarie 2001) – met diere aan boord
  • Shenzhou 3 (25 Maart 2002) – met ’n pop aan boord[1]
  • Shenzhou 4 (29 Desember 2002) – met ’n pop; verskeie wetenskapeksperimente uitgevoer
  • Shenzhou 5 (15 Oktober 2003) – 14 omwentelings om die Aarde met Yang Liwei aan boord
  • Shenzhou 6 (12 Oktober 2005) – sending van vyf dae met Fei Junlong en Nie Haisheng
  • Shenzhou 7 (25 September 2008) – drie bemanningslede: Zhai Zhigang, Liu Boming en Jing Haipeng; twee lede loop in die ruimte
  • Shenzhou 8 (31 Oktober 2011) – onbemande sending met twee poppe; koppel aan die ruimtelaboratorium Tiangong 1.[2]
  • Shenzhou 9 (16 Junie 2012) – drie bemanningslede, onder wie ’n vrou: Jing Haipeng, Liu Wang en Liu Yang; koppel aan Tiangong 1.[3][4][5]
  • Shenzhou 10 (11 Junie 2013) – drie bemanningslede, onder wie ’n vrou: Nie Haisheng, Zhang Xiaoguang en Wang Yaping; sal aan Tiangong 1 koppel.[4]

Beplande sendings[wysig]

  • Shenzhou 11 – sal bemanningslede vervoer na Tiangong 2.

Verwysings[wysig]

  1. 《北京晚报》:探秘"神舟"三号中的"假人"”. URL besoek op 4 April 2002.
  2. Amos, Jonathan, "Chinese Shenzhou craft launches on key space mission", 2011-10-31. URL besoek op 2011-11-01.
  3. "Chinese astronauts return to Earth", 29 Junie 2012.
  4. 4,0 4,1 David, Leonard, "China Details Ambitious Space Station Goals", 2011-03-07. URL besoek op 2011-03-11.
  5. Stephen Clark. “China Sets Summer Launch For Next Human Spaceflight”. SpaceflightNow.com. URL besoek op 2012-02-18.

Eksterne skakels[wysig]