Sherbrooke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sherbrooke
Die Raadsaal van Sherbrooke
Die Raadsaal van Sherbrooke
Wapen van Sherbrooke
Wapen
Official logo of Sherbrooke
Logo
Bynaam: Queen of the Eastern Townships
Slagspreuk: Ne quid nimis
Ligging van Sherbrooke op 'n kaart (Quebec)
Sherbrooke
Sherbrooke
Koördinate: 45°24′00″N 71°53′03″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Estrie
Regionale County
Stigting 1802
Geïnkorporeer op 1 Januarie 2002
Regering
 - Burgemeester Bernard Sévigny
Oppervlak
 - Land 353,49 km² (136,48 vk m)
 - Metro 1 459,61 km² (563,56 vk m)
Hoogte 128-378 m (420-1 240 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 154 601
 - Digtheid 437,4/km² (1 133/vk m)
 - Metropolitaans 201 890
 - Metrodigtheid 183,3/km² (475/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode J1E, J1G, J1H, J1J, J1K, J1L, J1M, J1N, J1R
Skakelkode(s) 819
Webwerf: ville.sherbrooke.qc.ca

Sherbrooke is 'n stad in die suid-ooste van die Franstalige Kanadese provinsie Quebec met 154 601 inwoners (2011). Dit is die grootste stad in die Estrie-gebied en die vierde grootste metropolitaanse gebied in die provinsie, wat in die vroeë 19de eeu deur Engelstalige lojaliste gestig is. Sherbrooke is vandag 'n oorwegend Franstalige stad en die setel van twee universiteite, die Franstalige Université de Sherbrooke en die Engelstalige Bishop's University.

Geskiedenis[wysig]

Die eerste setlaars in die omgewing van Sherbrooke was Amerikaanse lojaliste, wat hulle in die jaar 1793 in die gebied gevestig het. Gilbert Hyatt, 'n boer uit Schenectady (deelstaat New York) het hier in 1802 'n meelblommeul opgerig. Die dorp "Hyatt's Village" het in 1818 ter ere van die goewerneur-generaal Lord Sherbrooke sy huidige naam gekry, wat vanweë die frankofone karakter van die stad nou hoogs omstrede is.

Die stad het op 1 Januarie 2002 danksy die samesmelting met die voorstede Ascot, Bromptonville, Deauville, Fleurimont, Lennoxville, Rock Forest en Saint-Élie-d'Orford aansienlik uitgebrei.

Geografie en ekonomie[wysig]

Sherbrooke is geleë by die samevloeiing van die Saint-François- en Magogriviere. Dit is 'n belangrike landbougebied vir melkboerdery. Die plaaslike hokkiestokbedryf is die grootste ter wêreld.

Besienswaardighede[wysig]

  • Sherbrooke Village is 'n outentieke dorp en opelugmuseum uit die sestigerjare van die 19de eeu. Houtwerkers en skeepsbouers wys hier die ou ambagte en tegnieke van die pioniers. Die gerestoureerde geboue sluit 'n kunswinkel, woonhuise, 'n apteek, 'n poskantoor en die ou kerk in.

Eksterne skakels[wysig]