Shosholoza Meyl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Shosholoza Meyl-trein in Gauteng.
Spoornetwerk van die Shosholoza Meyl.

Shosholoza Meyl is 'n afdeling van PRASA (Passenger Rail Agency of South Africa) wat lang-afstand (inter-stad) passasiersdienste bied. Hulle bedryf verskeie treine reg oor Suid-Afrika,[1] en vervoer nagenoeg 4 miljoen passasiers per jaar.[2] Voor 2009 het Shosholoza Meyl deel uitgemaak van Spoornet, maar dit is ná die stigting van PRASA aan hulle oorgedra.

Die eerste deel van die naam, Shosholoza is 'n Zoeloewoord wat beteken "om vorentoe te beur". Dit is ook die naam van 'n gewilde Suid-Afrikaanse volksliedjie. Meyl is afgelei van mayili wat in die volksmond "langafstandtrein" beteken.

In Augustus 2010 het Shosholoza Meyl hulle dienste opgeskort. Na bewering as gevolg van kontrakprobleme (tussen Transnet en Prasa) of onbetroubaar treine. Van die dienste is weer in November 2010 hervat.[3][4]

Roetes[wysig]

Shosholoza Meyl bedien die volgende roetes:

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Shosholoza Meyl (kategorie)