Sibayameer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Sibayameer.

Sibayameer is ongeveer 35km suid van Kosibaai in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die meer is langs die Indiese Oseaan maar mond glad nie uit in die oseaan nie. Daar loop strome van die weste en noorde die meer in maar dit het geen sigbare uitgang nie. Die oostelike oewer is op een plek 'n sandduin wat net 800m breed is. Die Zoeloenaam Tsibayi beskryf die meer perfek: 'n ingeslote plek met geen sigbare uitgang nie.

Die totale oppervlak van die meer is 45km2 en die omtrek is 35km. Die meer is op plekke 25m diep. Behalwe vis is hier ook seekoeie en krokodille. Die Sibayi-dikkop is endemies aan die meer.

Bron[wysig]

Koördinate: 27°15′0″S 32°44′0″O