Sikloon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Radar-beeld van 'n tropiese sikloon in die noordelike halfrond.

In meteorologie is 'n sikloon of kringstorm 'n area van lae atmosferiese druk wat deur 'n binnewaartse, spiraalvormige winde gekarakteriseer word. Die winde draai antikloksgewys in die noordelike halfrond en kloksgewys in die suidelike halfrond op die aarde. In die Atlantiese Oseaan en die oostelike Stille Oseaan (waaronder ook die Hawaiï-eilande) word daar na siklone verwys as orkane; in die westelike Stille Oseaan staan siklone bekende as tifone en in die suidelik Stille Oseaan en in die Indiese Oseaan staan hulle slegs as siklone bekend.[1][2]

Die generiese term, "sikloon", dek 'n wye verskeidenheid meteorologiese fenomene, waaronder tropiese siklone, ekstratropiese siklone en tornado's, dus gebruik weerkundiges "sikloon" selde sonder aanvullende kwalifikasie.

Verwysings[wysig]

  1. BBC Weather Gloassary - Cyclone. Laaste besoek op 2006-10-24.
  2. UCAR Glossary - Cyclone by die University Corporation for Atmospheric Research. Laaste besoek op 2006-10-24.