Silwerkarp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Silwerkarp
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Hypophthalmichthys
Spesie: H. molitrix
Binomiale naam
Hypophthalmichthys molitrix
(Valenciennes, 1844)

Die Silwerkarp (Hypophthalmichthys molitrix) is 'n varswatervis wat natuurlik voorkom in die Amoer- en Jangtseriviere in Asië en in 1975 in Suid-Afrika losgelaat is. In Engels staan die vis bekend as die Silver carp.

Voorkoms[wysig]

'n Visserman spog met sy Silwerkarp by Harties.

Die vis se lyf is silwer, groenerig grys aan die bokant en witterig aan die onderkant. Die is laer as die bek en die kop is groot. Die vis kan tot 1 m lank word.

Habitat[wysig]

Die vis leef in staande of stadigvloeiende water en vreet hoofsaaklik plankton. Hulle beweeg ook stroomop om te broei; die eiers en larwes dryf dan stroomaf. Die vis is bekend vir sy spronge uit die water. Die vis kom voor in die Olifants-Limpoporivier-stelsels in Suid-Afrika.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Silwerkarp (kategorie)

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]