Simiaanse immuniteitsgebreksvirus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus
Virus klassifikasie
Group: Group VI (ssRNA-RT)
Orde: Onbekend
Familie: Retroviridae
Subfamilie: Orthoretrovirinae
Genus: Lentivirus
Spesie: Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus

Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus (SIV) is 'n retrovirus wat ten minste 45 spesies van Afrika se nie-menslike primate kan besmet. Gegrond op die ontleding van die stamme in vier spesies van ape op Bioko-eiland, wat geïsoleer is van die vasteland deur stygende seevlakke ongeveer 11 000 jaar gelede, is tot die gevolgtrekking gekom dat SIV teenwoordig was in stertapies en ape vir ten minste 32 000 jaar, en waarskynlik selfs veel langer. [1][2] .[3][4]

Daar word gemeen dat virusstamme uit twee van hierdie primaatspesies, SIVsmm in roetmangabies en SIVcpz in sjimpansees oor die spesieversperring gespring het na die mens, wat lei tot MIV-2 en MIV-1 infeksies, onderskeidelik. Die mees waarskynlike roete vir die oordrag van MIV-1 na die mens is kontak met die bloed van sjimpansees wat dikwels gejag word vir bosvleis in Afrika.

Patogenese[wysig]

In teenstelling met MIV-1 en MIV-2 infeksies in mense, het SIV-infeksies wat in hul natuurlike gashere voorkom, in baie gevalle geblyk om nie-patogenies te wees. Uitgebreide studies in roetmangabies het vasgestel dat SIVsmm infeksie nie 'n siekte veroorsaak in hierdie diere nie, ten spyte van die hoë vlakke van sirkulerende virusse. Maar as die virus 'n Asiatiese of Indiese rhesusmakaak besmet, sal die dier wel simiaanvigs ("SAIDS") ontwikkel. [5] 'n Onlangse studie van SIVcpz in wilde sjimpansees dui daarop dat besmette sjimpansees 'n vigsverwante siekte ervaar soortgelyk aan MIV-1 besmette mense. Die latere stadiums van SIV-infeksie ontwikkel dan in "SAIDS", dieselfde as MIV-infeksie wat vorder tot mens-vigs ("AIDS").

Geskiedenis[wysig]

'n Immuniteitsgebrek wat lyk soos menslike vigs is vroeg in 1983 reeds gerapporteer in ape in aanhouding in die Verenigde State van Amerika. [6][7][8] SIV is in 1985 geïsoleer uit sommige van hierdie diere, gevange rhesusmakake wat gely het aan simiaanse vigs ("SAIDS"). Die ontdekking van SIV is gemaak kort nadat MIV-1 geïsoleer is as die oorsaak van vigs en ​​dit het gelei tot die ontdekking van MIV-2 stamme in Wes-Afrika. MIV-2 was meer soortgelyk aan die destydse bekende SIV stamme as aan MIV-1, wat vir die eerste keer daarop dui dat Simiaanse Immuniteitsgebrekvirus die oorsprong van MIV is. Verdere studies het aangedui dat MIV-2 afgelei is van die SIVsmm stam gevind in roetmangabies, terwyl MIV-1, die oorwegende virus wat die mens aantas, afgelei is van die SIV-stam in besmette sjimpansees.

Verwysings[wysig]

  1. Peeters, M.; Courgnaud, V.; Abela, B. (2001). “Genetic Diversity of Lentiviruses in Non-Human Primates”. AIDS Reviews 3: 3–10. Besoek op 2010-09-19.
  2. Peeters, M. (2002).In C. Kuiken, B. Foley, E. Freed, B. Hahn, B. Korber, P. A. Marx, F. E. McCutchan, J. W. Mellors, and S. Wolinsky: {{{title}}}, HIV sequence compendium. Theoretical Biology and Biophysics Group, Los Alamos National Laboratory, 2–23. Besoek op 19 September 2010. 
  3. Donald G. McNeil, Jr.. "Precursor to H.I.V. Was in Monkeys for Millennia", New York Times, 16 September 2010. URL besoek op 17 September 2010.
  4. (2010) “Island Biogeography Reveals the Deep History of SIV”. Science 329 (5998). DOI:10.1126/science.1193550..
  5. {{#if:2160735| (1990) “Induction of AIDS in rhesus monkeys by molecularly cloned simian immunodeficiency virus”. Science 248 (4959): 1109–1112. DOI:10.1126/science.2160735.
  6. {{#if:6221343| (1983) “Acquired immunodeficiency syndrome in a colony of macaque monkeys”. Proceedings of the National Academy of Sciences of the United States of America 80 (9): 2718–2722. DOI:10.1073/pnas.80.9.2718.
  7. {{#if:3159089| (1985) “Isolation of T-cell tropic HTLV-III-like retrovirus from macaques”. Science 228 (4704): 1201–1204. DOI:10.1126/science.3159089.
  8. {{#if:6316791| (1983) “Histopathologic changes in macaques with an acquired immunodeficiency syndrome (AIDS)”. The American journal of pathology 113 (3): 382–388.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.