Sint-Genesius-Rode

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sint-Genesius-Rode
Rhode-Saint-Genèse
Prieuré de Sept Fontaines
Prieuré de Sept Fontaines
Ligging van Rhode-Saint-Genèse in die provinsie Vlaams-Brabant
Ligging van Rhode-Saint-Genèse in die provinsie Vlaams-Brabant
Koördinate: 50°45′00″N 4°21′00″O
Land Vlag van België België
Gewes (deelstaat) Flag of Flanders.svg Vlaandere
Provinsie Flemish Brabant Flag.png Vlaams-Brabant
Regering
 - Burgemeester Myriam Delacroix-Rolin (IC-GB)
Oppervlak
 - Munisipaliteit 22,77 km²  (8,8 vk m)
Bevolking (1 Januarie 2011)
 - Munisipaliteit 17 952
 - Digtheid 788/km² (2 040,9/myl2)
Poskode 1640
Skakelkode(s) 02
Webwerf: www.sint-genesius-rode.be

Sint-Genesius-Rode (Frans: Rhode-Saint-Genèse) is 'n stad in die Nederlandstalige Belgiese provinsie Vlaams-Brabant met 'n oppervlak van 22,77 vierkante kilometer en sowat 18 000 inwoners (2011). Sint-Genesius-Rode is een van die voorstede van die Belgiese hoofstad Brussel, wat Franse taalfasiliteite aanbied, alhoewel dit in die Nederlandstalige gewes Vlaandere lê.

Bevolking[wysig]

Tans is sowat sestig persent van die bevolking Franstalig, terwyl veertig persent Nederlands praat. Daar is ook minderhede van EU-burgers (veral medewerkers van internasionale ondernemings en organisasies) en Amerikaners.

Geskiedenis[wysig]

Vanweë sy ligging tussen Brussel en Waals-Brabant en ook danksy die spoorwegverbinding tussen Brussel en Eigenbrakel (Frans: Braine-l'Alleud) vestig talle Brusselaars en Wale hulle in die 20ste eeu in Sint-Genesius-Rode. In 1963 kry die stad taalfasiliteite vir sy Franstalige bewoners. Die stad word in 1995 deel van die nuwe provinsie Vlaams-Brabant.

Eksterne skakels[wysig]