Sirin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Sirin, skildery van 1710.

Sirin (Russies: Си́рин) is ’n figuur in die Russiese mitologie met die lyf van ’n voël (gewoonlik ’n uil) en die gesig en bors van ’n vrou. Volgens legende het die Sirins "in Indiese lande" naby die paradys gewoon of rondom die Eufraatrivier. [1][2].

Oorsprong[wysig]

Die legende van die Sirins het Kiëf-Roes moontlik in die 8ste9de eeu bereik deur Persiese handelaars. In die stede Tsjersonesos en Kiëf is hulle dikwels gevind op potte, goue hangertjies en in boeke[3].

Hierdie halfvroue is regstreeks geskoei op die sirenes van die Griekse mitologie[4][2][5].

Negatiewe simbool[wysig]

Sirins word gewoonlik uitgebeeld met ’n kroon of stralekrans[3]. Hulle het pragtige liedere vir die heiliges gesing waarin hulle van toekomstige vreugdes vertel het. Vir gewone mense was die voëls egter gevaarlik. Mans wat hulle hoor sing het, sou alles op aarde vergeet, hulle volg en uiteindelik sterf. Mense sou hulleself probeer red van die Sirins deur kanonne af te vuur, klokke te lui of ander harde geluide te maak om die voëls te verjaag[4].

Positiewe simbool[wysig]

Later (van die 17de tot 18de eeu) het die beeld van die Sirins verander en het hulle wêredharmonie begin simboliseer. Mense in dié tyd het geglo net waarlik gelukkige mense kon die Sirins hoor, terwyl bitter min hulle kon sien aangesien hulle so vinnig en moeilik was om in die hande te kry soos menslike geluk.

Hulle het ewige vreugde en hemelse geluk gesimboliseer[6].

Soms word Sirins beskou as ’n metafoor vir God se woord wat die siel van ’n mens binnegaan of selfs as ’n metafoor vir ketters wat swakkelinge probeer verlei. Hulle word ook soms beskou as die eweknieë van die Poolse feetjies Wili.

Galery[wysig]

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sirin (kategorie)

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Сирин (in Russies)”. Bestiary. URL besoek op 2009-04-16.
  2. 2,0 2,1 Священные птицы (in Russies)”. New Acropol. URL besoek op 2009-04-16.
  3. 3,0 3,1 Hilton, Alison (1995). Russian folk art. Indiana University Press, 144. ISBN 0253327539. 
  4. 4,0 4,1 Boguslawski, Alexander (1999). “RELIGIOUS LUBOK”. URL besoek op 2009-04-16.
  5. Персонажи славянской мифологии (in Russies)”. URL besoek op 2009-04-16.
  6. Славянские суеверия (in Russies)”. URL besoek op 2009-04-16.
Slawiese mitologie en folklore
Hoofgode  DazjbogJariloMarzjanaPeroenŽivaSwjatowidSwarogTriglafWelesZarjaDie Zori
Ander gode  BelobogBerstukTsjernobogChorsLadaMat ZemljaMokosjOźwienaPorewitRadogostRodRoejewitStribogZłota Baba
Legendariese helde  Aljosja PopowitsjBaš ČelikDobrinja NikititsjIlja MoerometsIwan TsarewitsjLjech, Tsjech en RoesLibuše
 Magiese figure en plante  AlkonostZjar-ptitsaVaringblomGamajoenRaskovnikSimarglSirinZmei
Geeste en demone  AlaBaba JagaBagiennikBannikBjesBoginkiDomowoiDrekawatsKikimoraKosjtsjeiPoloednitsaLesjiLichoRoesalkaWilaWodjanoi
Ander  Boek van WelesPrimêre Kronieke