Sjani

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sjani
'n 1782 gravering volgens Pierre Sonnerat se skildery wat tydens 'n besoek aan Indië en die 1770's gemaak is.
'n 1782 gravering volgens Pierre Sonnerat se skildery wat tydens 'n besoek aan Indië en die 1770's gemaak is.
Devanagari: शनि / शनैश्वर
Affiliasie: Graha
Mantra: Om Sjam Sjanaiskarjaje Namah
Rydier: Raaf / Aasvoël
Planeet: Saturnus

Sjani (Sanskrit Śani शनि) is een van die Nawagraha, wat naamlik die nege primêre hemelwesens in Hindoeastrologie, of Djyotiṣa is. Sjani word in die planeet Saturnus beliggaam. Hy is die heer van Saterdag; die woord Sjani dui ook in meeste Indiese tale die sewende dag of Saterdag aan.

Die woord Sjani(शनि) is afkomstig van: Sjanaje Kramati Sa: (शनये क्रमति सः) i.e. die een wat stadig beweeg, aangesien Saturnus 30 jaar neem om om die Son te wentel. Sjani staan ook bekend as Sjanaiskarja (शनैश्वर) Sjani Bhagawan, Sjaniesvara, Saniesvara, Sjaniesvaran en Sjani Dêwa.

Sjani is 'n dêwa en seun van Soerja (die Hindoe-songod) en sy vrou Tjhaja (Skadugodin) en staan dus ook bekend as Tjajjapoetra. Hy is die neef van Jama, die Hindoegodin van dood. Daar word vertel dat toe hy as baba vir die eerste keer sy oë oopgemaak het, die son verduister is, wat die impak van Sjani op astrologiesekaarte duidelik aandui. Hy staan bekend as die grootste leermeester. Daar word gesê dat Sjani dêw baie skadelik kan wees vir dié wat die pad van verraaiing, rugstekery en onregverdige wraak volg. Hy staan in die Hindoegeskrifte bekend as die grootste moeilikheidmaker sowel as die grootste goedgesinde. Hy word uitgebeeld in donker kleure, geklee in swart, terwyl hy 'n swaard, pyle en twee dolke vashou, en ry op die rug van 'n swart kraai.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Mythology of the Hindus By Charles Coleman p.134