Sjwa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Met sjwa word die uitspraak van die sogenaamde 'stomme e' (byvoorbeeld in die woord 'vader') aangedui. Die sjwa is 'n klinker. By die uitspreek van 'n sjwa rus die spiere in die mond.

In Afrikaans, Nederlands en die meeste ander Europese tale is lettergrepe met sjwa's altyd onbeklemtoon. Albanees en Bulgaars vorm hierop uitsonderings.

In die Internasionale Fonetiese Alfabet word die sjwa met 'n 'omgekeerde e': ə geskryf. In Afrikaans kan die sjwa geskryf word as 'e' (vader) of 'i' (moeilik).