Skermsport

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Skerm)
Spring na: navigasie, soek
Skerm as Olimpiese sport.

Skermsport of skermkuns is 'n gevegsport waaraan twee spelers met sabels, florette of skermdegens deelneem. Die doel is om die opponent met die wapen aan te raak; die liggaamsdele wat aangeraak mag word, hang af van die wapen wat gebruik word. Geen skeidsregter word tydens die beoefening van die sport gebruik nie.

Oorsprong[wysig]

Die oorsprong van skerm kan baie eeue teruggevoer word na 'n era toe tweegevegte in baie kringe 'n aanvaarde tradisie was. Sulke gevegte is gewoonlik tot die dood gevoer of totdat bloed gevloei het. Sabelgevegte het hul oorsprong gehad by die toentertydse kryger-ruitery wat groot verwoesting met die dodelike wapen op die slagveld gesaai het. Sedertdien het skerm ontwikkel tot 'n gewilde, gesofistikeerde sportsoort waaraan mense van alle ouderdomme, en selfs liggaamlik gestremdes, kan deelneem. Baie deelnemers beoefen dit bloot as ontspanning. Ander neem aan kompetisies deel selfs op internasionale vlak soos eersdaags by die Wêreldkampioenskappe. Skerm is 'n erkende Olimpiese sport. Deesdae durf skermers mekaar met meer gesofistikeerde wapens soos die degen, die floret of die sabel aan.

Prosedure[wysig]

'n Geveg tussen twee skermers vind op 'n piste plaas. Dit is 'n area van 2m by 14m wat van geleidingsmateriaal gemaak is en elektries verbind is met registreer-apparaat.

Elke skermer se wapen en klere is ook elektries verbind met die elektroniese registreer-apparaat waarop trefslae met gekleurde ligte aangedui word.

Die tweegeveg vind plaas onder die toesig van 'n skeidsregter. Hy ken trefslae toe volgens die aanduidings op die registreer-apparaat en sy ontleding van die vegters se aksies. Dieselfde formaat geld vir alle skermkampioenskappe. In die eerste rondte neem alle skermers in poele van sewe skermers deel. Almal in 'n poel veg teen mekaar en 'n skermer wen 'n geveg ná vyf geldige trefslae.

Hierna word die skermers geklassifiseer vir die volgende rondte wat as die regstreekste uitkloprondte bekend staan. In dié rondte moet vyftien geldige treffers vir 'n oorwinning behaal word. Die proses van regstreekse uitskakeling word gevolg totdat slegs agt finaliste oorbly, wat ook volgens die regstreekse uitskakelingsprosedure veg om die uiteindelike kampioen te bepaal.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Skermsport (kategorie)