Skermutselinge van die Tweede Vryheidsoorlog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die eerste fase van die Tweede Vryheidsoorlog het uit tradisoinele front aanvalle en loopgraaf oorlog bestaan. Die laaste frontale aanslag was die Slag van Bergendal. Maar reeds voor dit het die Boeremagte oorgegaan tot guerilla-oorlogvoering. Hier is 'n lys skermutselinge wat plaasgevind het.

1899[wysig]

1900[wysig]

1901[wysig]

  • 31 Januarie - Modderfontein, Transvaal.
  • 10 - 28 Februarie - De Wet val die Kaap binne.
  • 29 Mei - Slag van Vlakfontein
  • 4 September - Smuts val die Kaap binne.
  • 17 September - Elandsrivier op die plaas Moddefontein: Genl. Smuts val 'n buite pos, beman deur die 17th Lancer, aan
  • 17 September - Bloedrivierpoort, Natal. Genl. Louis Botha oorrompel die Mounted Infantry onder beheer van Luitenant-Kolonel H de la P Gough.
  • 26 September - Onsuksesvolle aanvalle op die Britse forte Itala en Prospect, Natal deur Genl. Botha.
  • 24 Oktober - Slag van Kleinfontein naby Groot Marico, Wes-Transvaal.
  • 30 Oktober - Bakenlaagte, Transvaal. Genl Louis Botha val 'n Britse mag aan onder beheer van Luitenant-Kolonel G.E. Benson. Benson sterf tydens die aanval.
  • 25 Desember - Tweefontein, Oos-Vrystaat. Genl. De Wet verslaan 'n klein Britse mag.

1902[wysig]

  • 25 Februarie - Slag van Ysterspruit, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey val 'n Britse mag aan en buit muile, perde en 500 000 rondtes ammunisie.
  • 7 Maart - Tweebosch, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey word aangeval deur Lord Methuen maar slaan die aanval af, wond en neem Methuen gevange.
  • 31 Maart - Boschbult, Wes-Transvaal. Genl. De la Rey raak slaags met Britse magte met swaar ongevalle aan beide kante.
  • 1 April - Boschman's Kop, Transvaal. Britse magte verras Genls. H.A. Alberts en P.R. Viljoen. Hulle hergroepeer, val die Britse magte aan en verdryf hulle gedurende die dag.
  • 11 April - Rooiwal, Wes- Transvaal.
  • 6 Mei - Holkrans, Natal. 56 Boere word doodgemaak deur Zoeloes.

Bron[wysig]

The Hall Handbook of the Anglo Boer War. Darren Hall. 1999. ISBN 0-86980-949-0