Skerptandbaber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skerptandbaber
Bewaringstatus
Nie geëvalueer (IUBN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Clariidae
Genus: Clarias
Spesie: C. gariepinus
Binomiale naam
Clarias gariepinus
(Burchell, 1822)
'n Skerptandbaber in 'n bak.
Jong skerptandbabers in Rishon Le-Zion (Israel) se rioolstelsel.

Die Skerptandbaber (Clarias gariepinus) is 'n varswatervis wat voorkom in die Oranjerivier stelsel en alle ander riviere noordwaarts in Suider-Afrika; dit kom feitlik oor die hele Afrika voor. Dit staan ook bekend as die Baber en in Engels as die Sharptooth catfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis het lang, bruin of swart kleurige lyf, 'n plat kop met vier paar lang baarde wat om die mond is. Die dorsale vin is lank tot amper by die stertvin en die anale vin is ook lank. Die kop is groot en plat, die oë is kein en die bek is groot. Die vis word tot 1.4 m lank en 33 kg swaar. Die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 33.3 kg, Zimbabwe is 30.845 kg en Malawi is 16.1 kg.

Habitat[wysig]

Die vis kom reg deur Afrika voor in feitlike alle vars water stelsels. Die vis oorleef gemaklik in slegte water toestande en kan asemhaal met 'n spesiale kamer bokant die kieue. Dit kruip oorland om by ander waterplekke uit te kom en vreet feitlik enige iets. Die wyfie lê haar eiers gedurende die somer reën.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Eksterne skakel[wysig]