Skoorsteenveër

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skoorsteenveër
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Threskiornithidae
Genus: Threskiornis
Spesie: T. aethiopicus
Binomiale naam
Threskiornis aethiopicus
(Latham, 1790)

Die Skoorsteenveër (Threskiornis aethiopicus) is 'n groot voël (lengte 64–82 cm; gewig 1.5 kg), wat wydverspreid voorkom. In Engels staan die voël bekend as die African Sacred Ibis.

Die heilige voël van die Egiptenare, waar dit "Die Vader van die Sekel" genoem is, omdat dit in duisende op landerye na oorstromings deur die Nylrivier voorgekom het en as 'n aanduiding van 'n goeie oesjaar beskou was. Waterinsekte, paddas, visse, sprinkane, ensovoorts is hulle kos. Die naam skoorsteenveër het hy gekry vanweë sy gewoonte om die binnegoed van dooie diere uit te skraap.

Identifikasie[wysig]

Die kop en nek is veerloos en swart van kleur. Die vlerke en rug is wit met 'n swart stert.

Habitat[wysig]

Damme, vleigebied, panne en moerasagtige areas. Hulle sal ook op vuilgoedhope gevind word waar hulle aas na oorskietkos.

Verspreiding[wysig]

Egiptiese Skoorsteenveër Beeld, Kopenhagen Museum
Verspreiding in Suidelike Afrika

Skoorsteenveërs kom voor in die ooste van Suidelike Afrika, Suid-Irak en (voorheen) in Egipte. Hulle is daarnaas ook eksoties ingevoer in Wes-Europa en Amerika.

Voortplanting[wysig]

Skoorsteenveërs maak nes in boomkolonies, gewoonlik met ander waadvoëls soos reiers. Hulle bou neste van stokke, gewoonlik in 'n kremetartboom, en lê 2-3 eiers.

Suid-Afrikaanse voëls[wysig]