Skukuza

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skukuza
Ingangshek na Skukuza-ruskamp.
Ingangshek na Skukuza-ruskamp.
Ligging van Skukuza op 'n kaart (Mpumalanga)
Skukuza
Skukuza
Ligging van Skukuza op 'n kaart (Suid-Afrika)
Skukuza
Skukuza
Koördinate: 24°59′45″S 31°35′31″O Koördinate: 24°59′45″S 31°35′31″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Ehlanzeni
Plaaslike Munisipaliteit Mbombela
Regering
 - Burgemeester Dudu Tryphinah Nkosi
Oppervlak
 - Stad 4,98 km²  (1,9 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 1 599
 - Digtheid 320/km² (828,8/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 1350

Skukuza is die hoofruskamp van die Kruger Nasionale Wildtuin. Die naam, aangepas vanaf die Zoeloewoord Sikhukhuza, was 'n troetelnaam vir James Stevenson-Hamilton. Dit beteken 'nuwe besem', omdat Stevenson-Hamilton die gebied 'skoongevee' het van wilddiewe en ander skelms. Die kamp is in 1902 opgerig, en het eers as Sabiebrug (Engels: Sabie Bridge) bekend gestaan tot hy herdoop is na Skukuza in 1936.

Geriewe[wysig]

Deel van die Waterkant-gastehuis.
Die Stevenson-Hamilton-Gedenkbiblioteek in Skukuza.
Ou spoorwegbrug oor die Sabierivier net noord van Skukuza.

Dit is by verre die grootse kamp in die Krugerwildtuin en is geleë op die suidelike oewer van die Sabierivier. Die kamp huisves 'n paar historiese plekke, soos die drie museums en die biblioteek, behalwe die kamp se winkels en restaurante. Die Selati Treinrestaurant is geleë op 'n ou spoorwegplatform aan die oostekant van die kamp.

Besoekers kan by die ontvangskantoor reëlings tref vir wildbesigtigingsritte, bosbraaie en staptogte in die Krugerwildtuin. Buiten die gewone basiese geriewe, beskik Skukuza ook oor twee swembaddens, 'n gholfbaan, biblioteek, ligte motorherstelwerk, polisiestasie, poskantoor en selfs 'n bank. Hierdie geriewe word dwarsdeur die kamp omring deur verskillende soorte hutte, gastehuise en 'n groot kampterrein. Meeste gastehuise en sommige hutte is op die Sabierivier se oewer geleë, met pragtige uitsigte en wildkyk-geleenthede.

Net buite die kamp is 'n kwekery van die Parkeraad waar inheemse plante besigtig en gekoop kan word. Die plantjies is geskik vir 'n soortgelyke warm, droë klimaat.

Akkommodasie[wysig]

Die kamp kan elke aand 640 persone in permanente akkommodasie huisves, plus dan nog die 80 kampeerpersele vir die buitelugmense.

  • 198 Eenslaapkamer hutte (2 tot 3 persone, met of sonder kook/wasgeriewe)
  • 80 Karavaan- of tentstaanplekke
  • 15 Gastehuise (4 of 6 bed)
  • 4 Luukse gastehuise (3x 8-bed en 1x 12-bed)
  • 20 Safaritente (12x 2-bed en 8x 4-bed)