Skylab

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Skylab op 8 Februarie 1974

Skylab was die eerste Amerikaanse ruimtestasie wat om die Aarde gewentel het. Die ruimtestasie is op 14 Mei 1973 met 'n Saturnus V-vuurpyl die ruimte in gelanseer. Dit het 75 ton geweeg en het hoofsaaklik uit onderdele wat van die Apollo-program oorgebly het bestaan. Dit was die laaste lansering wat met die tipe vuurpyle uitgevoer is. Die stasie is tydens die lansering beskadig en een sonpaneel het afgebreek, terwyl die ander vasgehaak en ernstig deur 'n hitteskild beskadig is. Hierdie defekte is tydens 'n tweede missie herstel en die Skylab kon tydens verder missies gebruik word waarvoor dit bedoel was:

  • navorsing oor of mense vir lang tye in die ruimte kan woon en werk; en
  • uitbreiding van kennis oor die sonnestelsel.

Verskeie tegniese en mediese eksperimente is uitgevoer waarvoor gewigloosheid nodig was. Die laatste missie vertrek op 16 November 1973 en kom op 8 Februarie 1974 terug. Dit wentel 'n paar jaar onbemand om die Aarde en val in 1979 na die Aarde terug en verbrand grotendeels in die atmosfeer.

Missies in die Skylab program[wysig]

Alhoewel die skylab program gebruik gemaak het van oorskot materiaal van die Apollo-program (veral die laaste Saturn V-vuurpyl wat ooit vervaardig is) het dit nie deel gemaak van die Apollo-program nie en skylab was 'n program op sy eie.

Missie Embleem Bevelvoerder Wetenskaplike Vlieënier Vlieënier Lanseringsdatum Landingsdatum Tydsduur (dae)
Skylab 1 SL-1
Skylab Program Patch.png
onbemande sending van skylab 1973-05-14
17:30:00 UTC
1979-07-11
16:37:00 UTC
2248.96
Skylab 2 SL-2 (SLM-1)
Skylab1-Patch.png
Pete Conrad Joseph Kerwin Paul Weitz 1973-05-25
13:00:00 UTC
1973-06-22
13:49:48 UTC
28.03
Skylab 3 SL-3 (SLM-2)
Skylab2-Patch.png
Alan Bean Owen Garriott Jack Lousma 1973-07-28
11:10:50 UTC
1973-09-25
22:19:51 UTC
59.46
Skylab 4 SL-4 (SLM-3)
Skylab3-Patch.png
Gerald Carr Edward Gibson William Pogue 1973-11-16
14:01:23 UTC
1974-02-08
15:16:53 UTC
84.04