Slangrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Slangrivier
Ligging van Slangrivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Slangrivier
Slangrivier
Ligging van Slangrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Slangrivier
Slangrivier
Koördinate: 34°8′14″S 20°51′42″O Koördinate: 34°8′14″S 20°51′42″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Eden
Plaaslike Munisipaliteit Hessequa
Bevolking (2001)
 - Stad 2 349
 - Digtheid 330/km² (854,7/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)

Slangrivier is ‘n klein onontwikkelde dorpie 11km suidwes van Heidelberg, Wes-Kaap. Dit het 2 000 inwoners en is geleë in die gebied van die Hessequa Plaaslike Munisipaliteit. Die nedersetting lê aan weerskante van die Slangrivier. Kort voor die monding van die Breederivier sluit die Slangrivier by dit aan. Voorheen het die nedersetting bekend gestaan as Olieboomskraal. Askraal is die noordoostelike deel van die dorpie oorkant die rivier.

Geskiedenis[wysig]

Op 1 November 1809 het goewerneur Caledon ‘n proklamasie uitgevaardig waarvolgens alle Khoi ‘n vaste woonplek moes hê. Op hierdie plek is aan 20 Khoi 1 300 morg (1 113.71ha) grond in volle eiendomsreg toegeken. Huise is gebou, landerye aangelê en met vee geboer. Moses Klaase was die laaste kaptein. Sy opvolger was Gert Klase, met die rang van korporaal. Na hom is die hoofde afgeskaf.

Anders as elders was hierdie nog jare lank ‘n betreklik geslote Khoi-gemeenskap.

Trivia[wysig]

  • Die Bloukraanvoëlvoetslaanpad lei van Slangrivier na Witsand.
  • By Slangrivier is die Johnique Johannes-voëlreservaat.

Sien ook[wysig]

Bibliografie[wysig]

  • Tomlinson, L.L.: Geskiedkundige Swellendam. Kaapstad: Nasionale Pers, 1943.