Smithse rooiklipkonyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Smithse rooiklipkonyn
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Lagomorpha
Familie: Leporidae
Genus: Pronolagus
Spesie: P. rupestris
Binomiale naam
Pronolagus rupestris
(A. Smith, 1834)
Verspreiding
Verspreiding

Die Smithse rooiklipkonyn (Pronolagus rupestris) is 'n konyn wat in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat en die suidelike gedeelte van die Noord-Kaap voorkom.

Voorkoms[wysig]

Die dier se pels is dig en grof en die kleur is sout-en-peper rooibruin terwyl die onderkant roeserig dofgeel is. Die ken en wange is wit of gryswit. Die diertjie se massa is 1.3 - 3.1 kg. Hierdie spesie is die kleinste van die klipkonyne.

Habitat[wysig]

Hulle vreet gras, veral jong gras. Hulle kom voor in rotsagtige terrein soos kranse, kliprantjies en rotsagtige klowe met eetbare gras en beweeg nooit weg van hulle tuiste nie. Hulle natuurlike vyande is die luiperd, rooikat en vaalboskat.

Na 'n draagtyd van een maand word een of twee kleintjies gebore gewoonlik in die somer.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]