Soebatsfontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Soebatsfontein
Ligging van Soebatsfontein op 'n kaart (Noord-Kaap)
Soebatsfontein
Soebatsfontein
Koördinate: 30°7′0″S 17°35′0″O Koördinate: 30°7′0″S 17°35′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noord-Kaap
Distriksmunisipaliteit Namakwa
Plaaslike Munisipaliteit Kamiesberg
Oppervlak
 - Stad 0,29 km²  (0,1 vk m)
Bevolking (2001)
 - Stad 250
Tydsone SAST (UTC+2)

Soebatsfontein is 'n klein nedersetting in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Dit is noordoos van Hondeklipbaai en wes van Kamieskroon.

Geskiedenis[wysig]

Die naam het ontstaan toe Hendrik Stievert in 1798 in hegtenis geneem is deur Boesmans onder bevel van Barend Goeieman by die fontein. Hendrik was toe die plaasvoorman van die weduwee Van der Westhuizen. Sy Khoikhoi veewagter het hom hoor soebat vir sy lewe - tevergeefs.

Vandag loop die grense van sewe plase by die fontein bymekaar.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]