Soekmekaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Soekmekaar
Morebeng, Morbeng
Ligging van Soekmekaar op 'n kaart (Limpopo)
Soekmekaar
Soekmekaar
Koördinate: 23°29′44″S 29°55′45″O Koördinate: 23°29′44″S 29°55′45″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Distriksmunisipaliteit Capricorn
Stigtingsdatum 1916
Bevolking (2001)
 - Stad 217
Tydsone SAST (UTC+2)

Soekmekaar (of Morebeng/Morbeng) is 'n dorp geleë in die Limpopo-provinsie, Suid-Afrika, noord-weste van Tzaneen. Die dorp is in 1916 gestig[1].

Volgens die 2001-sensus het dié klein dorp 'n bevolking van 217 gehad, waarvan 88 (40,1%) Blankes was.[2]. Die inwonertal het dus gekrimp tot 'n tiende van wat dit in 1967 was, toe die dorp 'n bevolking van 2000, met 800 blankes, gehad het.[1]

Volgens tradisie is die naam afgelei van die insident toe die twee landmeters gedurende mistige weer van mekaar afgedwaal het, en na mekaar moes soek.[1]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]