Sojoes 23

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sojoes 23
Soyuz acoplada MIR.jpg
Ruimtesending: Sojoes 23
Herkoms: Rusland
Lansering : 14 Okt. 1976 17:19:38 UTC Baikonoer
Geland: 16 Okt. 1976 17:45:53 UTC
Verblyf: 2 dae, 0 uur, 6 minute, 35 sekondes
Omwentelinge: 32

Die Sojoes 23-ruimtetuig is gestuur op 'n Almaz- militêre sending na die Saljoet 5-ruimtestasie, met die ruimtevaarders Wjatsjeslaf Zoedof en Waleri Rozjdestwenski aan boord. Weens 'n tegniese probleem met die koppelstelsel kon hulle nie aan die Saljoet 5 koppel nie. 'n Soortgelyke probleem is met die Sojoes 15-sending ervaar.

Weens die probleem is die sending afgelas. Die Sojoes 23 het teruggekeer na die aarde, maar probleme ondervind nadat dit die atmosfeer binnegegaan het. 'n Sneeustorm het die valskerm vol sneeu geblaas, waarna die kapsule op 'n bevrore meer geland en toe in die water beland het. Die tempratuur het dié dag tot -20 °C gedaal.

Die bemanning het alle verhitting afgeskakel om krag te bespaar. Pogins om die kapsule met 'n amfibiese voertuig te bevry het misluk. Skubaduikers het eindelik daarin geslaag om die twee bemanningslede lewend uit die kapsule te bevry.

Bemanning[wysig]

Sending[wysig]

  • Massa: 6 760 kg
  • Perigee: 239 km
  • Apogee: 269 km
  • Inklinasie: 51,6°
  • Periode: 89,5 min.

Eksterne skakels[wysig]

Vorige sending:

Sojoes 22

Sojoes-program Volgende sending:

Sojoes 24