Solomon Juneau

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Solomon Laurent Juneau
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Standbeeld van Solomon Juneau in Juneau Park, Milwaukee

Gebore 9 Augustus 1793
Repentigny, Quebec
Oorlede 14 November 1856
Keshena, Wisconsin
Nasionaliteit Kanada
Ouers François en Thérèse Galerneau Juneau
Titel 1ste Burgemeester van Milwaukee
Beroep pelshandelaar, spekulant en politikus
Bekend vir Mede-stigter van Milwaukee
Termyn in amp 1846-1847
Voorganger Amp geskep
Opvolger Horatio N. Wells
Huweliksmaat Josette

Solomon Laurent Juneau, soms ook Laurent-Salomon Juneau, (9 Augustus 1793 - 14 November 1856) was 'n Kanadees-gebore Amerikaanse pelshandelaar, spekulant en politikus, wat 'n belangrike rol by die stigting van die stad Milwaukee (Wisconsin) gespeel het. Juneau was 'n boorling van Repentigny (Québec).

Juneau het hom in 1818 in 'n gebied oos van die Milwaukeerivier gevestig, wat destyds Juneautown genoem is. Die nedersetting het later met George H. Walker se Walker's Point en Byron Kilbourn se Kilbourntown verenig en is as die Stad Milwaukee geïnkorporeer. In 1837 het hy die dagblad Milwaukee Sentinel gestig, die oudste sakeonderneming in Wisconsin wat nog steeds bestaan. Juneau het tussen 1846 en 1847 as Milwaukee se eerste burgemeester en ook as sy eerste posmeester gedien.

Solomon Juneau het in 1820 met Josette Vieau getrou. Sy was die dogter van Jacques Vieau, 'n pelshandelaar, wat jare tevore 'n handelspos bo-oor die Menomonee-riviervallei gestig had. Juneau is op die Calvary Cemetery-begraafplaas in Milwaukee ter ruste gelê.

Eksterne skakels[wysig]

Voorafgegaan deur:
Burgemeester van Milwaukee
1846-1847
Opgevolg deur:
Horatio N. Wells