Solomon kaDinuzulu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Solomon kaDinuzulu
Koning van die Zoeloenasie
Dinastie Huis van die Zoeloe
Bewind 1913 - 1933
Volle naam Solomon kaDinuzulu
Gebore 1891
Sint Helena
Gesterf 4 Maart 1933
Voorganger Dinuzulu
Opvolger Cyprian Bhekuzulu kaSolomon
Kinders Cyprian Bhekuzulu kaSolomon
Vader Dinuzulu

Solomon kaDinuzulu (1891-1933) was koning van die Zoeloenasie vanaf 1913 tot sy dood op 4 Maart 1933 by Kambi. kaDinuzulu is op die eiland Sint Helena tydens sy vader (koning Dinuzulu kaCetshwayo) se ballingskap gebore.

Hy was saam met die ANC 'n stigterslid van die oorspronklike Inkatha (of Inkatha kaZulu soos dit bekend staan) in die 1920s. Dit was hoofsaaklik gevorm om teen Jan Smuts se Bantoesake-wetgewing van 1920 te protesteer.

Een van sy susters was Prinses Magogo kaDinuzulu. Sy het bekend geword as sanger van tradisionele Zoeloeliedjies asook as die moeder van Mangosuthu Buthelezi, leier van die Inkatha-Vryheidsparty (IFP).

Hy is deur sy seun Cyprian Bhekuzulu kaSolomon opgevolg.

Voorafgegaan deur:
Dinuzulu kaCetshwayo
Koning van die Zoeloenasie
1913-1933
Opgevolg deur:
Cyprian Bhekuzulu kaSolomon