Solvang

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Solvang
Danish-land!.jpg
Ligging van Solvang in Kalifornië
Ligging van Solvang in Kalifornië
Map of USA CA.svg
Ligging van Kalifornië in die VSA
Land Vlag van Verenigde State Verenigde State van Amerika
Deelstaat Kalifornië
County Santa Barbara
Regering
 - Burgemeester
Jim Richardson
Oppervlakte
 - Totaal 6,4 km² (2,5 myl²)
Bevolking (2009)
 - Totaal 5 173
 - Digtheid 833,1/km² (2 157,7/myl²)
Areakode(s) 805
Webwerf: solvang.com

Solvang (Deens: "sonnige velde") is 'n stad in Santa Barbara County, Kalifornië, Verenigde State. Dit is een van die nedersettings in Santa Ynez Valley met 'n bevolking van 5 173 in 2009. Solvang - oorspronklik 'n dorp - is op 1 Mei 1985 as stad geïnkorporeer.

Solvang is in 1911 op die Rancho San Carlos de Jonata op byna 9 000 akkers (3 600 hektaar) se grond gestig. Die eerste setlaars was Deens-Amerikaners wat weswaarts getrek het om 'n Deense kolonie ver weg van die strawwe winters in die Amerikaanse Midweste te stig. Die boustyl van talle fasades en geboue weerspieël dan ook die argitektoniese tradisies van Denemarke. 'n Aantal bakkerye, restourante en winkels roep die smaak van Deense kookkuns na vore en gee 'n indruk van dié land se ontwerpkuns.

Besienswaardighede in Solvang, wat dikwels die "Deense hoofstad van die VSA" genoem word, sluit 'n kopie van die bekende "Klein Meermin"-standbeeld in Kopenhagen, 'n borsbeeld van die Deense digter Hans Christian Andersen en 'n namaaksel van Kopenhagen se Rundetårn ("Ronde toring") op die skaal 1:3 in wat in 1991 in die middestad opgerig is.

Mission Santa Ines, een van Kalifornië se historiese sendelingstasies, is eweneens naby die stadsentrum geleë. Michael Jackson se Neverland Ranch is 'n verdere trekpleister naby Solvang.

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Solvang (bladsy)