Sorbe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sorbe
Trachtengenerationen.jpg
Totale bevolking: 60 000 - 70 000
40 000 Opper-Sorbe, 20 000 Neder-Sorbe
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Duitsland Duitsland
Flag of Brandenburg.svg Brandenburg
Flag of Saxony.svg Sakse
Taal: Sorbies
Opper-Sorbies
Neder-Sorbies
Geloofsoortuiging: Protestantisme en Rooms-Katolieke Kerk
Verwante etniese groepe: Duitsers, Pole, Slowake, Tsjegge.

Die Sorbe (Opper-Sorbies Serbja, Neder-Sorbies Serby, Duits vroeër ook Wende) is 'n Wes-Slawiese volk van 60 000 wat in Duitsland as nasionale minderheid erken word.

Die merendeels Rooms-Katolieke Sorbe is nasate van Slawiese volksgroepe wat vanaf die 8ste en 9de eeu die gebiede tussen die Elbe-, Oder- en Saale-riviere bewoon het. Hulle is tans in twee Duitse deelstate, Brandenburg en Sakse, en hier in die Opper- en Neder-Lausitz-gebied (in die Spreewald en rondom die stede Hoyerswerda en Bautzen) gekonsentreer.

Die Sorbe het steeds hul eie taal en kultuur bewaar en beskik oor hul eie vlag en volkslied wat deur die Duitse owerheid amptelik erken word.[1] Enigiemand mag homself as deel van die Sorbiese volk reken. Die Sorbe se reg op kulturele outonomie is in die sogenaamde Sorbe-wet van 22 Maart 1948 verskans, hul kulturele aktiwiteite word deur die staat finansieel gesteun.

Sorbiese simbole[wysig]

Vlag van die Sorbe

Die eerste verwysing na 'n Sorbiese vlag dateer uit 1842. Ná die Pan-Slawiese Kongres, wat in 1848 in Praag gehou is, het die vlag sy huidige kleure gekry. Die vlag is in 1935 deur die Nasionaal-Sosialiste verbied, word egter sedert 17 Mei 1945 weer amptelik deur die Domowina, die sambreelorganisasie van Sorbiese verenigings, gebruik.

In die vlagwette van die Duitse Demokratiese Republiek is nie na die Sorbiese vlag verwys nie, tog het verordenings, wat deur die rade van die administratiewe distrikte Cottbus en Dresden uitgevaardig is, sy gebruik vir besondere geleenthede en feesdae bepaal.

As Sorbiese volkslied word Rjana Łužica ("Mooi Lausitz") gesing. Volgens die grondwet van die Vrystaat Sakse en die Wet oor die Sorbe van die deelstaat Brandenburg mag die Sorbiese volkslied en vlag naas ander staatsimbole gebruik word.

Kaarte[wysig]

Die ligging van die Lausitz-streek in Europa
Die verspreiding van Sorbe in die Duitse deelstate Brandenburg en Sakse

Verwysings[wysig]

  1. Die Sorben/Wenden in der Niederlausitz, Domowina-Verlag 2000