Sosatie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gebraaide sosaties.

'n Sosatie of kabab is 'n eg Suid-Afrikaanse gereg wat van blokkies skaap-, vark- of hoendervleis gemaak word. Die vleis word in kleinerige blokkies opgesny en in 'n vleis- of sosatiepen ingeryg, soms met ander lekkernye soos sampioene of gedroogde vrugte. Dit kan ook met marinade of kerrie gegeur word. Sosaties word verkieslik op 'n rooster oor 'n houtvuur gebraai, maar kan ook in 'n oond gaargemaak word.

Sosaties is oorspronklik van Kaap-Maleisiese afkoms. Die naam is van die Maleise woord sisate afgelei, wat gemaalde vleis beteken.

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]