Sparta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sparta
Σπάρτη
Die ou (voorgrond) en die nuwe Sparta (agtergrond)
Die ou (voorgrond) en die nuwe Sparta (agtergrond)
Ligging van Sparta op 'n kaart (Griekeland)
Sparta
Sparta
Koördinate: 37°04′N 22°26′O
Land Vlag van Griekeland Griekeland
Streek Peloponnese
Oppervlak
 - Stad 1,182 km²  (0,5 vk m)
Hoogte 750 m (2 461 vt)
Bevolking (2011)
 - Stad 35 600
 - Digtheid 30/km² (77,7/myl2)
Poskode 230 54, 230 59, 231 00
Skakelkode(s) 27310
Webwerf: www.sparti.gov.gr

Sparta (Grieks: Σπάρτη) was die hoofstad van Lakonië in antieke Griekeland en was vir eeue lank een van die belangrikste stadstate van Griekeland. Die stad is in die noorde van die sentrale Lakoniese vlakte geleë op die Peloponnesiese skiereiland, op die regteroewer van die Eurotas.

Inwoners[wysig]

Die Spartane het bekend gestaan vir hulle buitengewoon sobere en strenge opvoeding wat hulle ontvang het. Die begrip spartaans verwys vandag nog hierna.

Spartaanse praktyke[wysig]

Hopliet van Sparta
Bouvalle van antieke Sparta

Die naam Sparta roep by baie nog beelde op van die aankweek van ongenaakbare tug en selfbeheersing, die nugtere, sware lewe in die kaserne waar mans gesamentlik van die berugte swart bloedsop geëet het, die doodmaak van die swakker kinders (ondermeer in die Apothetai), die afwesigheid van stadsmure want die breë borste van die Spartaanse manne sou daarvoor dien. Sparta se reputasie is dalk deur hulle vyandiggesinde tydgenote ietwat oordryf, maar sy was ongetwyfeld een van die leidinggewende moondhede van antieke Griekeland en haar invloed was hoofsaaklik gebaseer op loutere militêre mag.

'n Vreemde en interessante feit van Sparta was dat sy waarskynlik die mees bevryde staat was in Griekeland. Nêrens anders in Griekeland het 'n vrou soveel vryheid geniet nie. Hierdie vryheid het beteken dat vroue net soos manne as soldate opgelei is, sodat hulle Sparta kon verdedig as die manne weg was. Die kinders van Sparta is ook kollektief opgevoed en opgelei vir die leër. Die doel daarvan was om die onderlinge band tussen hulle te versterk wat dan gelei het tot sterker en meer gemotiveerde soldate.

Geskiedkundiges is by gebrek aan nog ouer bronne van mening dat die geskiedenis van Sparta begin het in die 10de eeu v.C., tydens die inval van 'n Doriese stam wat die gebied aan hulself onderwerp het en die oorspronklike nie-Doriese inwoners as slawe op die lande laat werk het.

Monargie[wysig]

Eienaardig genoeg is die feit dat Sparta in die antieke tyd geregeer is deur konings, terwyl die monargie in al die ander Griekse state toe reeds verdwyn het. Verder het daar dikwels twee of meer konings gelyktydig geheers. Hul politieke mag was weliswaar nie groot nie.

Sparta vandag[wysig]

Die moderne Sparta bestaan sedert 1834. Dit is op bevel van koning Otto aangelê deur Beierse argitekte. Die ruim boomryke strate is weelderig beplant met sinaasappelbome en roosstruike. In die lente is die lug gevul met die heerlike aroma van sinaasappelbloeisels.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sparta (kategorie)