Spelonkbaars

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Spelonkbaars
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Superfamilie: Percoidea
Familie: Dinopercidae
Genus: Dinoperca
(Lacepède, 1801)
Spesie: D. petersi
Binomiale naam
Dinoperca petersi
(Day, 1875)

Die Spelonkbaars (Dinoperca petersi) is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika en Suid-Afrika voorkom tot by Mosselbaai. In Engels staan die vis bekend as Cavebass.

Voorkoms[wysig]

Die kop, lyf en vinne is bruin en die liggaam is vol wit spikkels. Die vis word 75 cm lank en 6 kg swaar. Die agterste gedeelte van die dorsale vin is baie groter as die voorste gedeelte. Daar is twee wit strepe oor die kieu deksels. Die klein onvolwasse vissies se kleur patroon is anders: hulle is silwer met bruin strepe oor die lyf met swart merke op die bruin gedeeltes.

Habitat en gewoontes[wysig]

Die Spelonkbaars kom voor in water van 5 – 75 m diep. Hulle skuil gewoonlik onder lyste of by die ingange van grotte. Hulle is meer aktief in die nag en vreet garnale, krap en vis. Die vis is territoritaal. Wanneer hulle verras word maak hulle tromgeluide met hul lugsakke.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]