Spreewald

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Spreewald kanal 01.jpg

Spreewald / Błóta

Historiese kultuurlandskap en
UNESCO-biosfeerreservaat



Ligging

Karte Biosphärenreservat Spreewald.png

Brandenburg, Duitsland


Oppervlakte
500 km²
waarvan biosfeerreservaat: 488 km²


Bevolking

Spreewald 2009 076 (RaBoe).jpg

50 000


Tale
Duits, Neder-Sorbies

Die Spreewald (Neder-Sorbies Błóta, "Moerasland") is 'n uitgestrekte laagland en historiese kultuurlandskap in die suidooste van die Duitse deelstaat Brandenburg, sowat 100 kilometer suid-oos van Berlyn. Sy hoofkenmerk is die natuurlike vertakkings van die Spreerivier wat deur kunsmatige kanale aansienlik uitgebrei is. Die rivier- en moeraslandskap word sedert 1991 as UNESCO-biosfeerreservaat beskerm.

Dit was veral die Sorbe, 'n Wes-Slawiese volk, wat hul stempel op die kultuurlandskap Spreewald afgedruk het. Die gebied het lankal tot een van die bekendste en gewildste toeristebestemmings in Brandenburg ontwikkel.