Springfontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Springfontein
Ligging van Springfontein op 'n kaart (Vrystaat)
Springfontein
Springfontein
Koördinate: 30°15′45″S 25°42′14″O Koördinate: 30°15′45″S 25°42′14″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Stigting 1904
Tydsone SAST (UTC+2)

Springfontein is 'n landboudorp in die suide van die Vrystaat, in Suid-Afrika, naby die Gariepdam. Die N1 nasionale pad gaan langs die dorp verby.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp ontleen sy naam aan 'n sterk artesiese fontein op die plaas Springfontein. Hartleydale, 'n deel van die hierdie plaas is in 1904 as die standplaas vir die nuwe dorp verkies. Munisipale status is in 1912 toegeken.

Anglo-Boereoorlog[wysig]

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die Britte 'n konsentrasiekamp hier bedryf. 704 vroue en kinders sterf hier hoofsaaklik van die strawwe winter van 1901. Hulle grafte kan gesien word in die konsentrasiekamp se begraafplaas. Gedurende die oorlog het Emily Hobhouse die kamp besoek om ondersoek te doen oor omstandighede in kampe.

Distrik[wysig]

Springfontein is 'n belangrike spoorwegaansluiting. Die hooftrajekte van Port Elizabeth en Oos-London na Gauteng kom hier bymekaar. Daar is ook 'n lyn wes na via Jagersfontein en Fauresmith na die diamantdorp, Koffiefontein. Gemengde boerdery (skape, beeste en mielies) word in die distrik beoefen.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]