St. Helenabaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
St. Helenabaai
Ligging van St. Helenabaai op 'n kaart (Wes-Kaap)
St. Helenabaai
St. Helenabaai
 St. Helenabaai se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 32°45′30″S 18°01′40″O Koördinate: 32°45′30″S 18°01′40″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Saldanhabaai
Oppervlak[1]
 - Dorp 26,92 km²  (10,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 11 529
 - Digtheid 428/km² (1 108,5/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 29.7%
 • Kleurling 59.3%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 10.3%
 • Ander 0.5%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 68.9%
 • Xhosa 25.7%
 • Engels 3.5%
 • Ander 1.9%
Poskode (straat) 7390
Skakelkode(s) 022
Webwerf: http://www.saldanhabay.co.za

St. Helenabaai is 'n vissersdorp aan die Atlantiese Oseaan in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Geskiedenis[wysig]

Die baai het sy naam gekry van Vasco da Gama wat sy vier skepe op 7 November 1497, die dag van Sint Helena, hier geanker het. Dit was op sy eerste vaart vanaf Europa na die Ooste en sy bemanning was reeds vier maande op see. Hulle het vars water gekry uit die fonteine tussen die see en die eerste ry heuwels. Die eerste botsing tussen Europeërs en die inheemse bevolking het hier plaasgevind. 'n Bemanningslid was in 'n geveg betrokke met 'n groep Khoikhoi. Da Gama is self na bewering met 'n assegaai gewond.

Visbedryf[wysig]

St. Helenabaai is die middelpunt van die kommersiële visbedryf aan die Weskus. Die belangrikste seeprodukte is kreef, snoek, ansjovis en sardyne. Daar is ongeveer 'n dosyn verwerkingsfabrieke langs die suidwestelike kus van Stompneusbaai tot by die mond van die Bergrivier.

Trivia[wysig]

St. Helenabaai is die enigste plek langs die Weskus waar die son oor die see opkom. Dit is as gevolg van sy unieke ligging en die vorm van die baai. Die Vasco da Gama-monument staan ongeveer waar die Portugese ontdekkingreisiger in 1497 voet aan wal gesit het.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek St. Helenabaai”. Sensus 2011.