Stade de France

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stade de France
St. Denis
Finale Coupe de France 2010-2011 (Lille LOSC vs Paris SG PSG).jpg UEFA Nuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.pngNuvola apps mozilla.png
Vollenaam Stade De France
Ligging Saint-Denis, Frankryk
Gebou 1995
Geopen 1998
Eienaar Consortium Stade de France
Operateur Consortium Stade de France
Oppervlak Gras
Boukoste €285 miljoen
Argitek Michel Macary
Aymeric Zubléna
Michel Regembal
Claude Constantini
Tuisveld van
Frankryk (Sokker)
Frankryk (Rugby)
Stade Français (sommige wedstryde)
Kapasiteit
80 000
Dimensies
105 x 70 m

Die Stade de France is 'n sokker- en rugbystadion in Saint-Denis, Frankryk, noord van Parys. Die stadion het sitplek vir ongeveer 80 000 toeskouers en is die grootste stadium in Frankryk. Die stadium is ingehuldig op 28 Januarie 1998 met 'n sokkerwedstryd tussen Frankryk en Spanje. Die stadium wat vir die 1998 Sokker Wêreldbeker gebou is, is ook ontwerp vir ander sportsoorte rugby, atletiek, courses automobiles asook konserte en ander groot opvoerings. Dit word tans deur die Franse rugbyspan tydens die Ses-Nasiesreeks en ander internasionale wedstryde gebruik. Die Franse sokkerspan gebruik die stadium ook vir byna alle vriendskaplike wedstryde en dit was op die stadion wat die span Brasilië 3-0 geklop het in die eindstryd van die 1998 FIFA Wêreldbeker. Parys se hoof rugbyklub, Stade Français, het in die afgelope aantal jare ook die stadium gereeld as tuisveld gebruik. Stade de France dien verder elke jaar as die terrein vir die Top 14 Franse binnelandse rugby kampioenskap, die Coupe de France sokker beker en die Franse sokkerligabeker. Stade de France het vir die afgelope drie jaar as gasheer vir die Race of Champions opgetree. In 2007 sal verskeie van die Rugby Wêreldbeker, insluitend die eindstryd, daar gehou word.

Geskiedenis[wysig]

Die Stade de France is die nasionale stadion van Frankryk wat vir die 1998 FIFA Wêreldbeker gebou is. Dit is gebruik vir Frankryk se grootste sportprestasie tot op hede, die 3-0 oorwinning oor Brasilië in die Sokker Wêreldbeker op 12 Julie 1998. Dit was die eerste keer wat Frankryk die Wêreldbeker gewen het en die eerste keer in twintig jaar dat die gasheerland die toernooi gewen het. Die Top 16, die Franse rugbykampioenskap wat nou die na Top 14 verander is, eindstryd wat te vore op Parc des Princes beslis is, is in die jaar permanent na Stade de France geskuif. Die Paryse span Stade Français het USA Perpignan 34-7 in Mei van die jaar verslaan. Die jaar daarna is een van die 1999 Rugby Wêreldbeker kwarteindwedstryde, waarvoor Wallis die gasheer was, by die stadium gehou. In die wedstryd het die Springbokke Engeland 44-21 verslaan.