Stamvrug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stamvrug
E. magalismontanum
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Asterids
Orde: Ericales
Familie: Sapotaceae
Genus: Englerophytum
Spesie: E. magalismontanum
Binomiale naam
Englerophytum magalismontanum
(Sond.) T.D.Penn.

Die Stamvrug (Englerophytum magalismontanum) - voorheen Bequaertiodendron magalismontanum - is 'n klein tot middelgroot boom. Die boom is wydverspreid noord van die Vaalrivier en die noorde van KwaZulu-Natal. Die blare is glansend en donkergroen en word soms met 'n waslaag bedek wat maklik afgevryf kan word. Die jong blare is hoekig vanaf die stam en bedek met rooibruin hare. Die parallelle sy-are is onopvallend en die onderkant van die blare is bedek met hare wat rooibruin tot liggeel en soms silwerig is.

Vrugte[wysig]

Die vrugte van die boom word dig saamgepak langs die ouhout wat aanleiding gee tot die naam Stamvrug. Die vrug is rooi wanneer dit ryp is. Die vrugte is eetbaar en redelik soet maar smaak vrank. Die vrugte het 'n hoë vitamien C inhoud. Dit word gebruik om wyn, brandewyn, stroop en tertjellie mee te maak.

Fotogalery[wysig]

Boom in sy natuurlike habitat
Blomme
Ryp vrugte
Blare: bo- en onderkant


Sien ook[wysig]

Bron[wysig]