Standerton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Standerton
Standerton se sakekern
Standerton se sakekern
Ligging van Standerton op 'n kaart (Mpumalanga)
Standerton
Standerton
 Standerton se ligging in Mpumalanga
Koördinate: 26°57′S 29°15′O Koördinate: 26°57′S 29°15′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distrik Gert Sibande
Munisipaliteit Lekwa
Stigting 1878
Oppervlak[1]
 - Dorp 36,21 km²  (14 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 43 966
 - Digtheid 1 214/km² (3 144,2/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 66.6%
 • Kleurling 6.8%
 • Indiër/Asiër 2.9%
 • Blank 23.1%
 • Ander 0.6%
Taal (2011)[1]
 • Zoeloe 48.3%
 • Afrikaans 28.0%
 • Sotho 8.5%
 • Engels 7.4%
 • Ander 7.8%
Poskode (straat) 2430
Poskode (posbus) 2430
Skakelkode(s) 017
Genl. Jan Smuts het in 1948 die kiesafdeling Standerton teen die Nasionale Party verloor. Dit was terselfdertyd die einde van die Verenigde Party se bewind wat in 1934 begin het.

Standerton is 'n dorp aan die Vaalrivier, sowat 156 km suidoos van Johannesburg en 64 km suid van Bethal.

Geskiedenis[wysig]

Dit is in 1878 aangelê op die plaas Grootverlangen en verkry munisipale status in 1903. Dit is vernoem na kommandant Adriaan H. Stander (1817-1896), die oorspronklike eienaar van die plaas. Standerskop (1 640 m), 'n heuwel wes van die dorp, is ook na hom vernoem. Tydens die Eerste Vryheidsoorlog het 'n Britse garnisoen die dorp beleër. Vir drie maande lank het die Boeremagte, wat hulle op die heuwel ingegrawe het, op die Britse magte gevuur - sonder enige ernstige skade.

Distrik[wysig]

Die distrik is 4 836 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen - beeste, perdetelery, wol, mielies, sonneblomsaad, grondboontjies, aartappels en suiwelprodukte. Die Grootdraaidam is 10 km oos van Standerton en die Tutukakragstasie is net noord van die dorp.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Standerton”. Sensus 2011.