Steers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Steers is a kitskosrestourantkonsessie wat sy oorsprong in Suid-Afrika het. Dit verkoop hoofsaaklik vlamgebraaide biefburgers en hoenderburgers saam met gaskoeldranke, aartappelskyfies en ander kossoorte.

Steers het in die 1960's tot stand gekom, nadat die stigter van die maatskappy, George Halamandaris, die Verenigde State besoek en die besluit geneem het om die kitskos-idee na Suid-Afrika te bring. Die eerste Steers-restourant het sy deure in Jeppe, Johannesburg, in 1970 oopgemaak. Die saak het uitgebrei, gepaardgaande met deurry(drive-thru)-restourante wat in 1997 bekend gestel is, sowel `n afleweringsdiens vanaf 2008. Steers is nou dwarsoor Suid-Afrika verspreid, sowel as in sewentien ander lande in Afrika en suid-Europa.

Die Steers Holdings Group is in 1994 op die JSE Sekuriteitebeurs genoteer, met aandele wat 165c bereik het. Vanaf 2006 is hierdie aandele 400c werd. Die aandelemaatskappy is later na Famous Brands hernoem, wat ander kettingrestourante soos Wimpy, Debonairs Pizza, FishAways, House of Coffees, Brazilian, Market Café, Whistle Stop en tashas insluit. Vanaf 1985 word Steers se kleinhandelprodukte, soos hul souse, in Suid-Afrikaanse supermarkte verkoop.

Verkoopsleuses[wysig]

  • Real food made real good
  • Flame grilled, it just tastes better
  • It's that Good (Tans)

Produkte[wysig]

Steers werk binne die “hoë-vlak” nis van die Suid-Afrikaanse kitskosbedryf en verkoop kos wat gewoonlik duurder is en meer voorbereidingstyd verg.
Steers verkoop oorwegend bief-, groente- en hoenderburgers, toebroodjies, aartappelskyfies / slaptjips, gaskoeldranke, en naggeregte, hoewel die fokus meer op gekombineerde etes en winskopies val, soos die:

Breakfast on the run (In `n Pita bedien: Spek, eiers, kaas, tamatie OF kaas, tamatie, eier en karamelliseerde uie)
Good Guy (`n Vlamgebraaide burger met aartappelskyfies)
Hunga Busta
King-size deal (Op `n broodbolletjie met aartappelskyfies bedien: Twee vlamgebraaide beesvleisflappies, twee snytjies kaas, tamatie en spesiale Steerssous)
Wacky Wednesday

Onder Suid-Afrikaanse gebruikers is Steers veral bekend vir sy “Wacky Wednesday” spesiale aanbiedinge; `n “twee vir die prys van een” burgerwinskopie word slegs op Woensdae verkoop. Die manier hoe die “Wacky Wednesday” bedien word, wissel maandeliks.

Internasionale takke[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.