Steyn van Ronge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Steyn van Ronge

Ampstermyn
2010 – tans
Voorafgegaan deur Eugène Terre'Blanche

Persoonlike besonderhede
Gebore 1955
Politieke party AWB
Kind(ers) 1 seun en 2 dogters

Steyn van Ronge is die president van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB). Van Ronge was die onderleier van die AWB, maar het die leisels oorgeneem nadat Eugène Terre'Blanche, die vorige president, op 3 April 2010 wreedaardig op sy plaas vermoor is. Hy het voorheen waargeneem as leier van die AWB toe Terre’Blanche in die tronk was. Sy doelwitte is 'n sekuriteitsplan om boere te beskerm teen plaasaanvalle en die vestiging van 'n wit tuisland.

Van Ronge boer met beeste in die Zastron distrik, in die Suid-Vrystaat. Hy het in 1988 by die AWB aangesluit.[1]

Terre'Blanche het na bewering die AWB-leierskap aan beide Von Ronge en Andre Visagie, die AWB se destydse sekretaris-generaal, beloof. Van ronge kon egter bewys hiervan lewer met 'n faks, onderteken op 12 Maart 2010, met twee getuies waarin Eugene vra dat Van Ronge die leierskap oorneem tot hy van sy hartprosedure herstel het.[2]

Verwysings[wysig]

  1. Ontmoet die nuwe AWB leier, koerant.co.za, besoek op 6 April 2010.
  2. Steyn van Ronge, besoek op 16 Junie 2012