Steynsdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Steynsdorp
Ligging van Steynsdorp op 'n kaart (Mpumalanga)
Steynsdorp
Steynsdorp
Koördinate: 26°8′0″S 30°59′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Mpumalanga
Distriksmunisipaliteit Gert Sibande
Plaaslike Munisipaliteit Albert Luthuli
Tydsone SAST (UTC+2)

Steynsdorp 'n dorp in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is egter deesdae 'n spookdorp.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het sy ontstaan en ondergang te danke aan goud. In Julie 1885 het die prospekteerders Jim Painter en Frank Austen spoelgoud ontdek. In April 1886 was daar reeds 800 delwers in Painter's Camp soos die delwery genoem is. Gedurende 1886 het kommandant JP Steyn die delwerye besoek en die naam is verander na Steynsdorp, ter ere van hom. 'n Dorp is gou uitgemeet en in 1887 geproklameer. Teen die tyd het die dorp 'n bevolking van 3 000 gehad. Die goud was maar min en moeilik om uit te haal en vinnig het die dorp agteruitgegaan; veral toe goud aan die Witwatersrand ontdek is.

Vandag[wysig]

Al wat van die dorpie oorgebly het is een winkel. Dit is nog moontlik om die fondasies van geboue en strate in die veld te sien.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]