Stilfontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stilfontein
Ligging van Stilfontein op 'n kaart (Noordwes)
Stilfontein
Stilfontein
 Stilfontein se ligging in Noordwes
Koördinate: 26°50′34″S 26°46′28″O Koördinate: 26°50′34″S 26°46′28″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distrik Dr Kenneth Kaunda
Munisipaliteit Matlosana
Stigting 1949
Oppervlak[1]
 - Stad 138,82 km²  (53,6 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 17 942
 - Digtheid 129/km² (334,1/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 42.5%
 • Kleurling 1.5%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 55.5%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 53.2%
 • Tswana 11.1%
 • Engels 10.6%
 • Sotho 10.2%
 • Ander 14.8%
Poskode (straat) 2551
Poskode (posbus) 2550
Skakelkode(s) 018

Stilfontein is 'n dorp wat tussen Klerksdorp en Potchefstroom in die Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika lê. Die N12 nasionale pad gaan langs Stilfontein verby.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp se geskiedenis is verweef met die van goud. 'n Skot, Charles Scott, het 'n plaas in die omgewing bekom en dit Strathvaal genoem, na aanleiding van die Strathmore graafskap van waar hy afkomstig is. In 1888 het hy goud op sy plaas ontdek, 'n uitloper van die hoofgoudrif. Hy het dit die Strathmorerif genoem. Hierdie rif was baie diep gesetel onder dolomiet. Na sy dood het sy seun die soektog voortgesit en 'n opsie op die plaas Stilfontein gekry. Nadat daar geboor is, is die rif bevestig.

Die dorp word in 1949 as 'n woongebied vir die Hartebeesfontein-, Buffelsfontein- en Stilfontein-goudmyne gestig. Produksie by die myne begin in 1952. In Maart 2005 skud 'n aardbewing die stad en beskadig geboue. Die oorsaak van die ramp is as gevolg van mynbou-aktiwiteite in die omgewing aangewys, en die Hartebeesfontein- en Buffelsfontein-myne is gevolglik gesluit.

Bevolking[wysig]

In 2011 was 55.5% van die bevolking wit mense.

Samestelling van bevolking
Swartmense: 42.5%
Blankes: 55.5%
Kleurling: 1.5%
Indiër: 0.3%

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Stilfontein”. Sensus 2011.