Strabo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Strabo
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Strabo, soos uitgebeeld in ’n gravure uit die 16de eeu

Gebore 64/63 v.C.
Amaseia, Pontus (tans Amasya, Turkye)
Oorlede 24 n.C.
Nasionaliteit Antieke Griekeland
Beroep geograaf, filosoof, historikus
Bekend vir Geographica
Historica hypomnemata
’n Kaart van die wêreld volgens Strabo.

Strabo (Grieks: Στράβων, Strabōn; 64/63 v.C. – omstreeks 24 n.C.), was ’n Antieke Griekse geograaf, filosoof en geskiedkundige.

Hy is veral bekend vir sy werk van 17 volumes Geographica, wat die geskiedenis, mense en plekke beskryf van die verskillende streke wat in sy tyd bekend was.[1] Hoewel dit selde in sy tyd gebruik is, was daar talle kopieë regdeur die Bisantynse Ryk. Dit het omstreeks 1469 in Rome die eerste keer in Wes-Europa verskyn as ’n Latynse vertaling. Die eerste Griekse vertaling het in 1516 in Venesië verskyn.[2] Die Geographica is ’n waardevolle bron van inligting oor die Antieke wêreld, veral as dit saam met ander bronne gebruik word.

Dit is nie bekend presies wanneer die werk geskryf is nie, maar die geskatte datum is tussen 7 en 18 n.C. Die laaste deel waaraan ’n datum gekoppel kan word, is sy verwysing na die dood in 23 n.C. van Juba II, koning van Mauretanië, wat volgens hom "net onlangs dood is".[1]

Strabo se eerste groot werk, Historiese Sketse (Historica hypomnemata), wat geskryf is terwyl hy in Rome was (omstreeks 20 v.C.), het feitlik heeltemal verlore gegaan. Dit het die geskiedenis van die bekende wêreld gedek van die oorname van Griekeland deur die Romeine. Strabo haal self daaruit aan en ander Klassieke skrywers noem dit ook, maar die enigste oorblywende deel daarvan is ’n stukkie papirus wat nou in die besit van die Universiteit van Milaan is.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Strabonis Geographica, Boek 17, Hoofstuk 7.
  2. Geographie, Band 1, Strabo, S.17, Strabo, Karl Kärcher, Gottlieb Lukas Friedrich Tafel, Christian Nathanael Osiander, Gustav Schwab, Verlag Metzler, 1831.

Eksterne skakels[wysig]