Streep-baberpaling

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Streep-baberpaling
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Plotosidae
(Bleeker, 1858)[1]
Genus: Plotosus
(Lacépède, 1803)[2]
Spesie: P. lineatus
Binomiale naam
Plotosus lineatus
(Thunberg, 1787)[3]

Die Streep-baberpaling (Plotosus lineatus) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en warm water van die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooi See tot by KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Striped eel-catfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis se lyf en kop is bruin of swart van kleur met twee paralelle wit strepe van die kop tot by die stert. Die onderkant van die kop en lyf is wit. Die strepe verdof soos die vis verouder. Daar is vier pare baarde om die mond en die vis word tot 32 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in riwwe naby die kus, die kus self, getypoele en soms in riviermondings. Hulle is ovipaar en vreet bodem skaaldiere, alge, slakke en vis. Die jong onvolwasse vissies leef in 'n kompakte skool saam terwyl die ouer onvolwassenes in minder digte skole leef maar onmiddellik dig saamgroepeer indien roofvisse verskyn. Die vinne se strale is giftig.

Sien ook[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. uBio (en)
  2. Lacépède B. G. E. 1803. Histoire naturelle des poissons. Hist. Nat. Poiss. v. 5. i-lxviii + 1-803 + index.
  3. BioLib (en)

Eksterne skakel[wysig]