Streep-hengelaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Streep-hengelaar
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Paracanthopterygii
Orde: Lophiiformes
Familie: Antennariidae
Genus: Antennarius
Spesie: A. striatus
Binomiale naam
Antennarius striatus
(Shaw, 1794)

Die Streep-hengelaar (Antennarius striatus) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtropiese water van die Atlantiese Oseaan, die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika van die Rooi See tot by Knysna. In Engels staan die vis bekend as die Striped angler.

Voorkoms[wysig]

Die vis het 'n tentakel aan die voorkop wat vier takkies aan het waarmee hy prooi nader lok - vandaar die eienaardige naam. Die vis se kleur kan wissel van liggeel na groen, grys, geelbruin of swart wat mekaar afwissel in vlekke; afhangend van die habitat. Daar is swart strale wat van die oë uitstraal. Die vis word tot 22 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in sagte bodems, seegras beddings, getypoele en riwwe tot op 'n diepte van 219 m. Die vis kan in akwariums oorleef maar eet enige vis in die tenk insluitende visse van sy eie grootte.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakel[wysig]

Bronne[wysig]