Streepkol-bokvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Streepkol-bokvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Mullidae
Genus: Parupeneus
Spesie: P. barberinus
Binomiale naam
Parupeneus barberinus
(Lacépède, 1801)

Die Streepkol-bokvis (Parupeneus barberinus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Paifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Mosselbaai alhoewel hulle maar min suid van KwaZulu-Natal gesien word. In Engels staan die vis bekend as die Dash-dot goatfish.

Voorkoms[wysig]

Die vis het 'n swart streep van voor die snoet, verby die oog en al langs die sylyn tot verby die dorsalevin se basis. Daar is 'n swart vlek op die sylyn by die stertvin se basis. Die anale en bekkenvinne is gelerig en die ander vinne is meer wit kleurig. In die nag lyk die vis bleekwit. Die vis word tot 53 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in seegrasbeddings of by sanderige bodems of koraal reste. Hulle kom in pare voor en is daglewend en vreet hoofsaaklik skaaldiere.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]