Strooipopargument

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Voëlverskrikker.

'n Strooipopargument is 'n foutiewe debatstegniek waar 'n wanvoorstelling van die opponent se siening gemaak word en dit dan afgeskiet word.

Voorbeelde[wysig]

Twee tipiese voorbeelde uit die skepping-evolusie-debat:

Voorbeeld 1:

Argument van evolusionis: Skeppingsleerders (kreasioniste) glo nie dat lewende organismes oor tyd kan verander nie. Die feit dat 'n mens verskillende spesies honde en katte kry bewys dat skeppingsleerders verkeerd is.

Kommentaar: Skeppingsleerders erken veranderinge oor tyd, dus het die evolusionis 'n wanvoorstelling gemaak van wat skeppingsleerders glo. Skeppingsleerders onderskei tussen veranderinge waar genetiese inligting vermeerder het (makro-evolusie) en waar genetiese inligting dieselfde gebly het of verminder het (mikro-evolusie/natuurlike seleksie).

Voorbeeld 2:

Argument van skeppingsleerder: Evolusioniste glo dat mense uit ape geëvolueer het. As daar dus nog ape is, dan is evolusie nie waar nie, want hoekom het al die ape nie mense geword nie?

Kommentaar: Evolusioniste glo dat ape en mense 'n gemeenskaplike voorvader gehad het waaruit ape en mense geëvolueer het. Dus het die skeppingsleerder 'n wanvoorstelling gemaak van wat evolusioniste glo, dit afgeskiet en tot die gevolgtrekking gekom dat evolusioniste verkeerd is.