Studio Babelsberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Studio Babelsberg AG
Studio Babelsberg Logo.jpg
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1912 in Potsdam-Babelsberg, Duitsland
Hoofkantoor Potsdam, Brandenburg, Duitsland
Industrie Rolprentbedryf
Produkte Rolprente
Inkomste 57,5 miljoen € (2010)
Webwerf studiobabelsberg.com

Studio Babelsberg in die Potsdamse stadsdeel Babelsberg is die oudste groot rolprentateljee ter wêreld en die grootste rolprentateljee in Duitsland. Sedert 1912 het 'n groot aantal bekende rolprentmakers in Babelsberg hul prente vervaardig, waaronder hoogs invloedryke werke soos Metropolis en Der Blaue Engel (waarin Marlene Dietrich die hoofrol vertolk het).

Studio Babelsberg, wat as die bakermat van die Duitse rolprentbedryf beskou word, bied 'n verskeidenheid dienste vir Duitse en internasionale rolprentmakers aan en is tans die beduidendste ateljee vir rolprent- en televisieproduksies in Europa.

Fotogalery[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Studio Babelsberg (kategorie)

Media