Suezkanaal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Sueskanaal)
Spring na: navigasie, soek
Kaart van die Suezkanaal

Die Suezkanaal (Arabies: قناة السويس‎, Qanāt as-Suwais) is 'n kanaal van 193 km lank wat deur die Ismus van Suez sny en die Middellandse See met die Rooi See in Egipte verbind. Die kanaal lê aan die grens tussen Afrika en Asië.

Reeds in die sestiende eeu is daar al gespekuleer oor die bou van die kanaal, maar dit is eers 400 jaar later voltooi toe die kanaal geopen is op 17 November 1869. Sedertdien word die kanaal deur ongeveer 21 000 skepe per jaar gebruik. Dit neem 'n skip sowat nege ure om van een punt na die ander te vaar en sedert die kanaal geopen is, het ongeveer 1 000 000 skepe die kanaal gebruik.

Die suidelike ingang na die kanaal is by Suez en die noordelike ingang is by Port Said.

Effek op vislewe[wysig]

Een van die gevolge van die voltooiing van die Seuzkanaal is dat uitheemse spesies die Middellandse See binnegedring het vanaf die Rooi See. Die volgende spesies word nou ook in die Middellandse See gevind:[1]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Suezkanaal (kategorie)