Suid-Afrikaanse Lugdiens

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
South African Airways
South African Airways Airbus A340-600 PER Monty-1.jpg
IATA: SA
ICAO: SAA
Roepsein: Springbok
Gestig: 1934
Ondernemingsvorm: Maatskappy in staatsbesit
Hoofkwartier: Johannesburg
Hooflughawe: O.R. Tambo Internasionale Lughawe
H.U.B.: Monwabisi Kalawe
Passasiers 7.0 miljoen per jaar[1]
Werkernemers 9 454 [1]
Omset: Green Arrow Up Darker.svg 27.1 miljard ZAR (2012/13)
Bedryfsinkomste: Red Arrow Down.svg 60 miljoen ZAR (2012/13)
Totale bates: Red Arrow Down.svg 14 044 miljoen ZAR (2012/13)
Bonusprogram: Voyager
Alliansie: Star Alliance
Bestemmings: 39 lughawens in 27 lande [1]
Vloot: 52 vliegtuie [1]
Webtuiste: www.flysaa.com
SAL Airbus 340-600

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) (South African Airways - SAA), is Suid-Afrika se grootste binnelandse sowel as buitelandse lugvaartmaatskappy. Die naam SAL word nie meer amptelik deur die lugdiens gebruik nie.

Dit kom op 1 Februarie 1934 tot stand, en op 10 November 1945 begin die Springbokdiens, die eerste internasionale diens tussen Johannesburg en die stad Bournemouth in die Verenigde Koninkryk. Op hierdie vliegroete, wat as 'n vennootskapsonderneming tussen SAL en die Britse Oorsese Lugredery (British Overseas Airways Corporation, BOAC) tot stand gekom het, is destyds Avro York-vliegtuie gebruik.

SAL is die eerste lugredery buite die Verenigde Koninkryk wat stralers in gebruik geneem het (die Comet I). Die eerste ononderbroke vlug tussen Suid-Afrika en Europa, 'n regstreekse verbinding tussen Johannesburg en die Griekse hoofstad Athene, word in die jaar 1962 aangebied en in nege uur afgelê. Vanaf Augustus 1963 gebruik SAL 'n nuwe lugroete om die weskus van Afrika vir sy dienste tussen Suid-Afrika en Europa, omrede die Afrikalande nie gebruik van hulle lugruim aan SAL wou toestaan nie. Die eiland Ilha do Sal van Kaap Verde is toe gebruik as vulstasie.

Airways Park, die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Lugdiens

O.R. Tambo Internasionale Lughawe dien as SAL se middelpunt vir vlugdienste tot alle internasionale bestemmings en die meerderheid plaaslike bestemmings. Kaapstad Internasionale Lughawe dien as 'n tweede middelpunt, maar hanteer meestal plaaslike vlugte na bestemmings soos George en Port Elizabeth.

SAL is deel van die lugredery-alliansie, Star Alliance, en vlugooreenkomste bestaan met vennote soos die Duitse Lufthansa in Europa, en United Airlines op die Noord-Amerikaanse vasteland.

Vloot[wysig]

Die SAL se vloot bestaan uit die volgende vliegtuie (Oktober 2014):

Filiale[wysig]

SAL is die alleeneienaar van die plaaslike lugdiens, South African Express, wat hul toespits op ligte plaaslike roetes. SAL het ook in 2006 die laekoste-lugredery, Mango, gestig om mee te ding met ander laekoste-lugrederye wat SAL se markaandeel laat krimp het.

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Feite en syfers”. Star Alliance: 31 Maart 2014.