Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1920

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wapen van Suid-Afrika.png
Suid-Afrikaanse politiek
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Leier van die Opposisie
Politici
Politieke partye
Grondwetlike Hof
Appèlhof
Hoër Hof
Verkiesings

Die Suid-Afrikaanse parlementsverkiesing van 1920 het op 20 Maart 1920 plaasgevind, en was die eerste verkiesing na die Eerste Wêreldoorlog in die Unie van Suid-Afrika. Die verkiesing was deur die Nasionale Party van generaal J.B.M. Hertzog gewen, maar Hertzog het nie geslaag om 'n kabinet te vorm, en Jan Smuts, leier van die Suid-Afrikaanse Party, met ondersteuning van die Engelstalige Unionisteparty, het 'n regering gevorm. Later in die jaar het die Unionisteparty uit die regering bedank, en 'n nuwe verkiesing moes gehou word.

Uitslag[wysig]

Party  % Setels
Nasionale Party 36,6% 44
Suid-Afrikaanse Party 32,5% 41
Unionisteparty 14,1% 25
Arbeidersparty 14,7% 21
Onafhanklikes 2,2% 3
Totaal 100% 134